Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 364] [p. 364] Algemeen Ride si sapis Lag as jy slim wil wees en bly, Lag as die las op jou lende rus, Lag om jou smarte tot slaap te sus, Lag met die wêreld, lag met my. Lag oor die oer-oud onverstand, - Niemand weet hoe oud hy is; Lag as jy raak wil slaan en mis, Lag as jy vreugde vir pyn verpand. Lag as die stormwind oor jou stoei, Lag as die duister om jou druk, Lag as jy nou moet uithou, buk, Lag as die kettings knyp en boei. Lag as jy liewer wens te sug, Lag as 'n traan skyn meer te pas, Lag want die lewe met sy las Lê maar 'n lewe op jou rug! Vorige Volgende