Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 360] [p. 360] Bosveld-kamele Driehoekige gesigte wat staan-kyk hoog oor die doringboomskans waarop die skyn van die laat agtermiddagson nog kwyn eer oor die veld die vaal-groen skemer pryk - groot reusgestaltes skimmelbont, wat lyk soos namaakgoed, deur fantasie verfyn, geskep in droom, wat in 'n droom verdwyn terug in die nag uit nagsverbeeldingsryk... grotesk en tog aantreklik skoon, soos iets wat weersin wek saam met bewondering, 'n gril, 'n glimlag deurmekaar gevleg, soos onweer oor 'n see met stormgepiets, soos roofvoëls wat in regop kranse sing of skoon wat met sy eie skoonheid veg. Vorige Volgende