Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die swaels Daar's ryp op die rietdak, Die somer is klaar, Op bult en op vlakte Kan jy groen gras gewaar. Dis tyd vir ons heengaan Eer winter ons breek; Sing swaeltjie, sing swaeltjie: ‘Ons trek hierdie week.’ Ons vlieg oor die berge Al wit met kapok; Oor vlaktes wat kaal was Deur droogte geskok; Oor lopies wat vol is Van gister se reën; Sing swaeltjie, sing swaeltjie, Jy weet mos waarheen. ‘Na waar die son helder Die hele jaar skyn, En warmte nooit padgee As somer verdwyn, Daar sal ons skuil vinde En kos elke dag,’ Sing swaeltjie, sing swaeltjie, Ons trek nog vannag. Groet plaashuis en waenhuis (Nou motor se stal) Die groot eikebome, Die dam se ou wal; Hul algar was vriende En afskeid bring smart... Sing swaeltjie, sing swaeltjie, Al breek ook jou hart. Die reis is gevaarlik, Die afstand groot, Miskien ly jy honger, Miskien gaan jy dood. Maar as jy ooit weer kom, Word alles vergoed - [pagina 357] [p. 357] Sing swaeltjie, sing swaeltjie: ‘Hou moed, jong, hou moed.’ Vorige Volgende