Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 353]
| |
Waaragter, veraf, geel
Bo wit sand, tussen vars
Blaarswangere kraal en kers
En vygiebosse, pryk
Die nuwe gousblom ryk;
En verder, waar die vlei
Nog troos van water kry,
Groei tussen ruigtegras
Sandlelies, bleek soos was.
En grys trompetters stort
Hul stofmeel, opgeskort
Vir skemerure, as die kwynende maan
Vertoef bo veraf bulte voor hy ondergaan.
|
|