Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 'n Watergat, fier met palmietbos omring 'n Watergat, fier met palmietbos omring en beskadu Deur honderdjaaroud oue eike wat breed hulle takke Uitstrek oor sagte riviersand, wat lok om te lê - 'n Reier op een been, eentonig bedrywig met visvang - 'n Bergswael wat klaend sy berglied daar bo in die blou lug sing - Paddas wat rus op die sand waar die vlekke van songoud, - Skitterende vlekke wat lewe en reg op hul vel val; Koer van die duiwe wat diep in die blare se skadu Rus na die werk op die erf - en 'n dolende muishond, Bang vir wat onder die vrede van stilte en skaduwee Skuil - dis die lewe wat lag en die las met 'n laggie Kalm en gelate bly dra, tot die sterre die water Spoel met 'n silwer verglansing wat hemel se vrede Hou, soos 'n seën vir die hele Heelal wat hier slaap. Vorige Volgende