Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 352]
| |
Van 'n bosveldvoël, of die kleur wat kors
Op 'n nuut geplengde plas van bloed;
En swart daaragter, daarnaas, soos roet,
Of die swart van 'n holte, diep en bang
Waaroor die skaduwees dreigend hang;
Swart en violet,
Blou en beriel-gekleurde vlekke
En perlemoen verbleekte plekke;
Hier waar silwer skaars in skitter;
Daar met die bleek as wit nog witter;
Daar met goud wat kolle geel
Elke oomblik skielik teel;
Hier met karmosyn se weelde;
Daar met van die songesteelde
Prag van skimme wat gebore
Uit 'n groter prag tevore
Stadig daal tot niks - verdwyn
In 'n gloed van kleur van wyn.
|
|