Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die ystervarkie Uit 'n gat in 'n miershoop, ver op die veld, Het ek eenmaal 'n klein ystervarkie gekrap met geweld, By die ou wit populier-bos, vlak by die sloot, Met 'n kawelgaar-toutjie geknoop om sy haar-agterpoot, Het ek hom toe gebinde, en vir hom gesê: ‘Kyk, varkie, jy voel dit is beter om hierso te lê As om daar in 'n miershoop ver op die veld Te skuil in 'n gat waar 'n jakkals jou vang met geweld. Hier word jou van alles gegewe, Hier's water, toktokkies, en kos: Hier kan jy nou salig bly lewe, En slaap onder blare en mos. Hier word jy so lekker en vet, jy [pagina 338] [p. 338] Dink nooit aan jou jammer voorheen; Geniet nou jou lewe, al het jy 'n Kawelgaar-boei om jou been!’ Maar vroeg in die môre - verbeel jou reg! Die kawelgaar-toutjie was deurgevreet en varkie was weg. En 'n maand of twee later het ek uitgegaan; Die veld was so mooi en die wêreld van gras gekleurd groenspaan. In 'n gat in 'n miershoop, verskuil teen reën, Met die res van die kawelgaar-toutjie nog vas om sy been Was my vrindjie, die klein ystervarkie, vry, salig, alleen! Vorige Volgende