Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Wat ek gaan word Ons kinders praat soms baie Oor wat ons elk sal wees Eendag as elkeen groot is - Ons praat ons amper hees. Gertruida - sy's die oudste - Sê sy gaan later trou Met die hoof-dorpskonstabel Wat hierlangs toesig hou. Klein Teuns wil tiers gaan doodskiet - Sy rekker 's nog sy skat; En as jy van gevaar praat, Dan sê hy net: ‘Ag, wat.’ Johannes word skoolmeester, Geeneen so fluks soos hy Om lui seuns met die rottang Eksamens deur te kry. Sus Miem - sy kry musiekles Vyf dae in die week - Wil met haar stem gaan geld maak Om in die bank te steek. Servaas wil net gaan werskaf - Soos hy vandag al doen - Met motors en met fietse Van allerlei fatsoen. Ek self - ek is die kleinste En algar noem my Koos - As ek eers later groot is, Dan word ek 'n matroos. En reis rondom die wêreld Op 'n driemasterskip Na eilande in die Suidsee Van kraal in plaas van klip; [pagina 312] [p. 312] Kom huis-toe met 'n lading Van goud en spesery, Om daarna op die plaas hier Skatryk by Ma te bly. Vorige Volgende