Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die miskruier Ek wonder of die miskruier skool-toe gaan Om eers te leer om oor die pad te rol? Ek wonder of sy meester hom ooit slaan Omdat hy êrens anders-toe wil hol? Dis tog so swaar om in die hete sand So voort te spartel met 'n ronde bol. Ek wed sy kloutjies is al seer verbrand, Altwee sy ogies met sout traantjies vol. Ag, ek voel jammer, miskruiertjie, vir jou, As ek op pad na skool jou soms sien rol Daar in die stikwarm veldsand, wat jy klou Asof jy neef was van die blinde mol. Ek tel jou op, ek sit jou saggies neer; Jy lê konsuis nou dood daar met jou bol, Styf met jou beentjies ingekrimp, maar eer Ek een tree wegstap, is jy weer aan rol. Vorige Volgende