Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Toe Pa nog jonk was Toe Pa 'n seun was op die plaas, Het hulle nog gery In ossewaens om van die dorp Negosie te karwei. 'n Veerwa met ses perde voor Was destyds die manier Om Nagmaal-toe te gaan, op pad Al langs die ou rivier, Met twee keer uitspan in die veld, Waar elke uitspan was Vir al die kleingoed op die wa 'n Piekniek op die gras. [pagina 308] [p. 308] Soutribbetjies en boerewors En pannas en pastei - Ja nee, ons kinders kan vandag Nooit sulke padkos kry. My pa vertel hoe skemeraand Hulle om die kampvuur hurk En wit skietmielies uittrek met 'n Haasbek-drietandvurk, En hoe die blou renosterrook Versmelt het in die kleur Van die groen skemer van die nag En die aandblom se geur. Ons het 'n splinternuwe kar Van twintig perdekrag, Wat dorp-toe vlieg in twee, drie uur, Hoe swaar ook is sy vrag, Maar ag, ek wens ons gaan op reis Op daardie ou manier, Om weer 'n piekniek langs die pad Van Pa se tyd te vier. Vorige Volgende