Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Oom Kaalkop Oom Kaalkop uit die Boland Kom kuier op die plaas. (Sy naam is nie Oom Kaalkop nie, Ons noem hom ou Oom Naas.) Hy dra 'n grys ferweelbroek, Sy groot velthoed is vaal; Hy't amper glad geen hare nie, Sy kop is blink en kaal. Ons ry perd op sy skouer, Ons skommel op sy knie; Hy maak ons vlieërs van papier, Wit vlieërs wat kan vlie. Hy is die beste Oompie Wat ooit 'n kind kan kry, Al het hy ook nie hare nie Soos Griet en ek en jy. Vorige Volgende