Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die stout kat Ons kat was gister drie jaar oud, En Oom Servaas beweer Dis oud genoeg om kattekwaad Nou eenmaal af te leer. En tog, dit spyt my om te sê, Ons kat is regtig stout En traak nie as 'n mens hom knor Oor een of ander fout. Herhaalde male sê ons hom: ‘Jy moenie muisies moor, Nog minder mossies,’ maar verniet: Die stouterd wil nie hoor. Ons het al Oom Servaas gevra, Mismoedig, wat te maak. Hy skud sy kop en sê dit is Nogal 'n lastige saak. Ons weet dit is. Ons moet maar nou Van voor af weer probeer Om in sy vierde jaar ons kat Van kleins af weer te leer. [pagina 304] [p. 304] Dan sal hy later - ag, ek weet, Dit sal bra moeilik gaan - Nie meer geniepsig met sy klou 'n Klein swak muisie slaan; Nie meer loop skuil soek in die gras Om voëltjies te bekruip: En as hy nie wil hoor nie, sal Ons Outa hom versuip. Vorige Volgende