Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Duiwelby Die koddigste gogga in die wêreld Is werklikwaar die Duiwelby. Hy vlieg kardoeps 'n bynes binne En vreet daar alles wat hy kry. Die arme heuningbye wat bang is, Word deur hom aan die slaap gesus, En as hul plat lê, steel hy heuning By lepelsvol na hartelus. As ek 'n heuningby was, steek ek Hom met my angel in sy keel. 'n Dief soos hy sou ek nie toelaat Dat hy my opspaar-heuning steel. [pagina 301] [p. 301] ‘Ja nee, my baas,’ sê ou Abjatar, (Hy's ons tuinier wat alles weet) ‘Hy maak baas dronk met hom se vlerke; Eers as baas slaap, begin hy vreet.’ My oom Servaas sê dis die waarheid Dat bye sommer stuipe kry As hulle net maar die gegons hoor Van so 'n gulsige Duiwelby. Vorige Volgende