Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 300] [p. 300] As mens oud word Eergister was ek ses jaar oud. Dis baie, baie naar, Miskien word ek nou maer en grys En haasbek hierdie jaar. My hot-bo-voortand staan al skeef En waggel as ek byt; Dis jammer dat dit nou al dreig Van ouderdom te slyt. Gelukkig as ek in die spieël In Ma se kamer kyk, Dan sien ek nog my hare bruin - Soos dit behoort te lyk. Bo-op my kop is dit so dik En staan soms so orent, Ek dink dit is nog jonk genoeg, En, net soos ek, verwend. Dit wil nie plat lê, hoe ek ook Dit borsel, kam en streel, Miskien aanstaande jaar (wie weet?) Sal ouderdom dit reël. En dan, soos Oupa, hoef ek net My kaalkop blink te hou; Maar liewer bly ek jonk en fris En bossiekop soos nou. Vorige Volgende