Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXIV O, gun vir hom wat, as hy staan, Verbyster (waar die blonde maan Soos 'n blink-goue aangesig Die pers rand van die berg verlig, En met die sag-groen skemering 'n Sagter troos en vrede bring Rondom hom), voel hy het die mag Om meer te doen as wat sy krag, Sy blote aardse krag, hom skink Totdat hy in die dood versink - O, gun vir hom sy droom, sy dink, Die bly illusies wat daar blink Ver in die toekoms, bo die maan, En bowe waar die sterre staan. Vorige Volgende