Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 294] [p. 294] XXIII Vra nie van hom wat skoonheid min, En deur aanskou daarvan kan win 'n Sielsgenot wat ryker loon Kan aanbied as 'n keiserskroon - Vra nie van hom vir jou die skat Wat syne is en bly, en wat, Verdeel, 'n duisend maal verklein Die waarde wat die siel verfyn! Vorige Volgende