Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXII Gun my 'n blommetjie, Kelkiewyn, Van jou skatryke weelde, Jou slank-gesteelde, Verweelde pragte, Kelkiewyn! Gun my net enetjie, Kelkiewyn! Ek wil my hulde, My lang verskulde Offerande voordra, Kelkiewyn! Waardering betoon ek, Kelkiewyn, In luisterryke blomme, Gekleurde rykdomme, Wat liefde vertolk aan my Lief, Kelkiewyn! Gun my, o gun my jou blom, Kelkiewyn! Ek vra nie te veel nie! Ontsê nie my deel nie, Maar skenk my 'n blom van jou prag, Kelkiewyn! Vorige Volgende