Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 293] [p. 293] XXI ‘O, bitter-bly Het ek gestry Om wat die skoonheid gee, te kry; En bitter min Het ek gewin, Of van sy ryke aar ontgin.’ Wie bitter-bly Oor skoonheid stry, Verdien die treurwins wat hy kry; Wie skoonheid eis As loonbewys, Win nooit tot in sy Paradys. Wie soos 'n kind Wat, teer bemind, Die liefde truggee wat hy vind, Met liefde teer Die skoonheid eer, Kry alles wat sy siel begeer. Vorige Volgende