Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 291] [p. 291] XVI O bitter weinig wat ek het, En minder nog wat ek kan kry: 'n Porsie pret, Plesier wat gly Nog voor jy dit tot in jou siel geniet, En dan verdriet, Die naberou wat alles weer verwoes - Dit is die oes; Net dit. O bitter weinig wat ek mis, En minder nog wat ek moet ly; Gedagtenis Wat agterbly Van al wat skoon en heerlik lyk, Het my verryk, Herinring wat nòg tyd nòg treur verroes - Dit is my oes; Net dit. Vorige Volgende