Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVII Tuinroos tussen die tulpe, Vergeet-my-nie so blou Soos die skyn van die lug op 'n somerdag, Of die kleur wat die see behou - Ek pluk julle vir my ruiker, Vergeet-my-nie en roos, Om 'n blyk te gee van my liefdesplig En my eie smart te troos. Tuinroos tussen die tulpe, Vergeet-my-nie so blou, Kan ek sonder blomme my lief laat trek, En my eie skat behou? Vorige Volgende