Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XV As die pontak-loof met rooi winterroes in die wingerd in windmaande pry As die geil suring met lewende goud elke weiland en wapad verryk; As die belofte wat najaar gegee het om hier weer die wêreld te kleur, Bont in sy groen en sy wit en sy pers, en vergeur met sy borrelende geur, Stip nagekom word deur bultrant en leegte en sanderige vlakte en vlei, Orals getooi met die blinke tapyt wat die teerste smarag daaroor sprei; As oor die vinnige opskiet van gras op die veld in die voormiddag waai Wind wat die wierook van veraf see-branders se kleurryke skuimdons verr As in die skemer van môres, verkoud deur die winter se skerpte wat sny, Ryp, in sy mantel van mistige wit, met die skyn van die dageraad stry - Gee die Natuur, wat so kwistig sy rykdom verkwansel die somertyd deur, Rus vir die wêreld wat lewe en asem en, bont in sy winterdragkleur, Krag vir die toekoms versamel uit alles wat meehelp om, wat hy besit, Ryker te maak met die wins wat die winter verberg onder mistige wit. Vorige Volgende