Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 290] [p. 290] XIV 'n Blinkkleur-blommetjie Vol gemmergeur, 'n Bossie blare ... Wie Wil ryker keur Uit wat die wêreld hou Van skoonheidsprag Voordat die aand ontvou Sy donker mag? 'n Hand vir houvas, sterk Om steun te gee; Vrindskap wat, onbeperk, Wyd soos die see, Alles wat vrindskap eis Oorvol kan skink, En deur sy trou bewys Hoe blink hy blink; 'n Glimlag vrindelik, Meevoelend, sag; 'n Liefdevolle blik ... Wie kan verwag Meer uit wat liefde hou Vir elke siel, Voordat die naberou Alles verniel? Vorige Volgende