Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XI Die dalende dag wat die weste verkleur - Kyk, goud is daarbo, en geel, En dunnerige windwolkies soos sag-groen ferweel, En rooi, en die rooier skyn Van die hemel se rooi robyn - Bring skemer en, met hom, die weiland se geur, Die reuk van die wêreld wat lê gesus In die skemeringaand, op wag vir rus, Op wag vir die sterre se skitterpraal, As die nag met sy prag oor die wêreld daal. Vorige Volgende