Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VIII Sielsanker as die vloedgolf van vertwyfling oor die strand Van kennis bruis en alles met hom trek, 'n Houvas in die weemoedsuur, as deur die hele land Die duisternis van dorre nagte strek; 'n Goue greep vir iedereen, 'n steun deur dik en dun; 'n Aalmoes vir die arme van gemoed; 'n Lawedrank vir flou-val, as die wêreld ons misgun En met 'n hoonklank wat ons doen, vergoed: [pagina 287] [p. 287] Dis die ingebore sterkte, dis die oorgeërfde krag Om deur duisternis die sterre te sien blink, Om die halfgebore klagwoord te ontsenu met 'n lag, En met skerts die wyn en mirre op te drink. Vorige Volgende