Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VII Kom gee vir my polfyntjie, Dit maak nie saak nie wat, Die kleinste, nietigste lyntjie Waardeer ek as 'n skat. Koop waar jy wil, by smouse, Penswinkeltjies, net wat Jy kry in Krismiskouse - Dit bly vir my 'n skat. Net iets wat jy as joue Betrag het, gee my dit - Ek neem dit aan as goue Gesteente tot besit. En as jy eenmaal sterwe, Dan pryk dit nog by my, Gegee meer as geërwe, As liefdeblyk gekry. Vorige Volgende