Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VI Daar kom 'n weerklank oor die veld, 'n Weeklank van die see, Van branders wat die rotse streel, En met die wit strandskulpe speel, En skuim vir aalmoes gee. Daar kom 'n weerklank oor die veld, 'n Weeklank van 'n stad, Waar mense huil en mense haat, En met mekaar oor mense praat, En mense-roem beklad. Daar kom 'n weerklank oor die veld, 'n Weeklank van die kloof, [pagina 286] [p. 286] Waar teen die krans die klimop bloei, En met die wilde-haakdoring stoei Om groeikans vir sy loof. Daar kom 'n weerklank oor die veld, 'n Weeklank van die vlei, Waar tussen ruigte-gras die riet Sy halme na die sonstraal skiet Om van die goud te kry. Daar kom 'n weerklank oor die veld, 'n Weeklank van 'n hart Wat voorjaar deurgelewe het En somer met sy sonskyn-pret, En nou vergaan van smart. Vorige Volgende