Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende III Keur van die beste Wat die lewe besit, Gun ek vir jou wat vir my van jou beste Ryklik gegee het. Ver, in die weste, Verwissel die kleur Van die neerdalende son - in die weste Ryklik met wierook vergeur. Liefde, die sterkste Wat liefde kan eis, Leen ek vir jou, dat die swakste die sterkste Liefdevol diens kan bewys. Sê nie die leste Is luttel en klein; Min was die eerste, maar meer is die leste, Ryklik deur liefde verfyn. Keur van die beste Wat liefde kan win, Stort ek vir jou, want ek weet dat die beste Is dat jou siel my bemin. Vorige Volgende