Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Eis van die vonk wat spartel, Sy goud as sieraad trug, Vra van die vis wat dartel, 'n Jammerwoord of sug, Of laat die branders van die see 'n Antwoord op jou vrae gee, Eerdat jy van my eis ek moet Wat lank verby is, weer vergoed. Goud in die skemer skitter Die sterreskaar se prag; Die see blink wit, en witter Die maan se dowwe krag. [pagina 284] [p. 284] En net so in die skemer-swart Van jou vergeetheid blink my hart, Want witter as die witste see Is wat jou liefde vir my gee. Vorige Volgende