Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Voorjaar op die veld Nou dat die voorjaar sy sielskrag verpand het vir groen wat die see uit jaloersheid laat lag, Nou dat die veld, soos 'n geurige blomtuin, sy bloeisels ontbot in bekoorlike drag, Nou dat die skoonheid sy toppunt bereik het met skitterende weelde van splinternuut kleur, Nou dat die wêreld sy wonders bewierook in rookofferandes van golwende g Dring daar deur alles wat lewensbewus is, deur alles wat wag op die krag wat sal kom - Alles wat skugter en peinsend alleen staan, deur oormag van gloed en van sonskyn verstom -, Alles wat hyg na die hemel wat hier is, die groter genot wat die skoonheid kan leen - Alles wat, blind deur sy smarte van binne, die rykdom daar buite ontken as 'n seën - Langsaam die sap van die siel wat homselwe verdeel het, verloor het, om later te win Grotere siele bevrug deur sy gawe, gebore, gewy om sy werk te bemin, Siele wat, skugter nie meer nie of stemloos, besieling verkry uit die skoonheid, en moed Put uit die pronk van die kleure en die groen wat die pyn en die kou van die winter vergoed! Vorige Volgende