Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 280] [p. 280] 'n Rotspoel op die strand Geen serpentyn se groen, Of lapis lazuli, Geen koper, nuut-geboen, Of pêrel-perlemoen Kan skitter soos hierdie Strandrots-poel, son-gesoen, Waar lewendige kleur in lewe, Soos bont wat breek en bewe, Gebore word en sterf, Verdoof word en geverf Met nuwe tinte wat die daagraadsprag Beskaam laat staan en na die blou laat smag Wat volle daglig gee, as geil egaal Van sonskyn-goudgloed oor die wêreld daal! Vorige Volgende