Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Skoonheidsin Flou deur die drang Van geniepsige smart Wat die kleur van die wêreld vergrys, En die geur van die blomme vervang Deur 'n aaklige leemte wat rys Diep uit die hart Tot oor die bowenste bult van gedagte Wat dood lê, vermoor, Deur sy niks-nie versmoor, Beroof van sy kragte Om te dink, en deur dink weer die noodlot te tart Met die wete: ‘Dit is nie verdien nie, Al hierdie têre en nyd Van die têrende, nydige tyd,’ Lê die siel wat die skoonheid nie sien nie! [pagina 279] [p. 279] Bly soos 'n kind Wat sy lewe verspeel In die weelde en wonder alom, As die somer se glans hom verblind En die geur van die blomme sê: ‘Kom Steel van ons, steel Ruikers van liefde en laggende kleure, Keur van die lewe, Vrylik gegewe, As dankofferande waarin jy ook deel.’ Bly soos die dartlende wind wat begin Om te speel met die dag - Perlemoen in sy prag - Is die siel wat die skoonheid bemin! Vorige Volgende