Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 'n Katdoringkrans 'n Katdoringkrans, Met die klein, wit sterre van wilde-jasmyn daarin - Vyfpuntige sterre vergeur met die ruik van die vlei, Met die lewe wat sonskyn gee en die krag wat die lewe win, Gevleg in 'n krans albei. Grysgroen katdoring, En was-wit, wyd-ope blomme van wilde-jasmyn; En die son, wat vir altwee gegee het sy groen en sy wit, Val op die grys in die doodkis wat nou al verdwyn En die groen wat die dood besit. Vorige Volgende