Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Treurlied Huil, huil, huil, o see, gegésel deur die winde; Soebat met jou branderstem wat oor die rotse breek! Grys, grys, grys die lug, met donker, storm-gesinde Wolke wat sonsondergang se glorie-bont verbleek! Smeek, smeek, smeek, o siel, in hartstog van gebede Meely vir die lewens wat verslind word deur die see. Moeg, moeg, moeg, o hart, en moedloos ontevrede, Watter hoop op uitkoms kan die môrelig jou gee? Dood, dood, dood, o see! Wat lê daar in jou water? Nooit nie sal jou nattigheid wat dood is, weer laat bot. [pagina 274] [p. 274] Loof, loof, loof, o see, die kalmte wat jou later Sterk maak om die krag van ons wat seevaar, te bespot. Lag, lag, lag, o siel, wat weemoed half verteer het; Perlemoen se sagte kleur verf vredevol die see. Dood, dood, dood jou krag, wat gisternag probeer het Met sy eie krag te stoei teen wat die Noodlot gee. Vorige Volgende