Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXII My ander ek O naamloos, tingerig, onvolmaakte Skim, Verwek tot skyn van wese uit die som Van my verlore meely wat alom Gestort is en wat nog standvastig klim Tot oor my wêreld se gekleurde kim, Tot in die hoogste, onreikbre heiligdom - O soet, gedempte stem wat fluister: ‘Kom’ - O smekende oë wat met liefde glim, O towerkrag wat my nog krag kan gee, O sagte hande wat my hare streel, O vriend wie se aanskyn is volmaakte vree En louter rus wat Lewe nóg Dood kan steel - Kan ek jou vasklou, teen jou sterkte leun As alles swig waarop Verstand nog steun? Vorige Volgende