Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXI Die muezzin Nog voor die skadu van die skemer daal Oor stad en dorp en berg en bosryk kloof, Nog eer die middag, van sy glans beroof, Met laaste kleur die minaret bestraal, Klink deur die lug die aanroep van bilal, Die aandgebed, belydenis van geloof Wat die swak twyfel van die siel verdoof Met die hartstogtelik krag van sy koraal: [pagina 269] [p. 269] ‘God is groot! God is groot! Getuig daar is geen ander God as God! Getuig Mahmoed is die Profeet van God! Kom in tot gebed! Kom in tot redding! God is groot! Daar is geen ander God as God! Geen sluimer val op Hom wat nimmer slaap; Vertrou jou siel, jy wat ter ruste gaan, Aan Hom wat altyd wakend oor jou waak!’ Die laaste sonstraal wat die bergkruin skraap, Sterf weg; die bont-gekleurde gloed verslaan, En skemer stort oor stad en dorp en braak. Vorige Volgende