Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XX Kersnag Die swoele skemer trek sy dun, versagte, Vergroende sluier oor weiland, veld en werf. Al wat die wêreld van die daglig erf: Die heerlik pers van purper bergepragte; Die diep-steil kliprotskranse, lig-geverf; Graskolle met die skyn van groot smaragde; Die luisterryke oostelug met onverwagte, Gestreepte kleure as die songloed sterf - Versink in skaduryke groen, en vrede Rus as voorloper van die somernag Oor alles - huis en plaas en bos-beklede Bergkloof en dal - wat op die dagster wag. En tot die sterre styg ons Kersnagbede: ‘Verleen ons, Heer, vir lewe nuwe krag.’ Vorige Volgende