Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 268] [p. 268] XIX Nie wat jy nie waardeer nie... Nie wat jy nie waardeer nie, is vir jou Werd om voor deur te veg; wat werd is stry, Is ook waardering werd. Net huiglary Kan trane stort uit krokodil-berou Oor wat hy nooit probeer het om te hou, Oor wat hy nooit besef het: dat die klei Tot kunswerk kan gemaak word - en beny Die roem wat sonder toedoen van hom nou Die kunstenaar win. Die klei, die kuns, die man, Die ideaal wat skepping eis en dwing, Is algar daar, en net waardering wag Om uit te lok die krag wat mag en kan, En skeppingslus tot skeppingskuns te bring, Tot puur volmaaktheid van besielde prag. Vorige Volgende