Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVIII As ek moet kies... As ek moet kies of ek sal, soos 'n lig Wat eens vir eenmaal uitgeblaas word, sterf, Of ná my dood weer van bewussyn erf, En weer van aangesig tot aangesig My lewe oor herhaal; weer menseplig Aanvaar en weer, wat mense kan, bederf; Weer spartel, ly, weer menslik swoeg en swerf, Weer na gewoonte en reël my in te rig - Dan kies ek sonder aarsling en beslis Om uitgeblaas te word, om te vergaan, En op te gee wat nuwe lewe skenk, Tevrede as my nagedagtenis Nog by een vriend of meer sal bly bestaan, En Liefde soms my lewe nog herdenk. Vorige Volgende