Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVI Wat oorbly Dit pas my nie om wat ek het, te ruil nie Vir wat ek van jou eiendom kan kry; Dit bring geen wins om troosteloos te huil nie, Of traanloos met die taaie las te stry; Nóg om wat vooreergister my bekoor het, Nou uit te skel vir iets wat smart vermeer, Of om die lied wat ons tesaam gehoor het, 'n Klaaglied-kreun te noem die tweede keer. As tyd verbyloop en die dagbreek-ligte Versmelt in songoud wat die son ons gee, En skemer afdaal oor ons moeg gesigte Voordat die nag ons rus leen met sy vree, Dan bly vir ons net wat herinring hou Van deurgeleefde liefde en liefdetrou. Vorige Volgende