Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 266] [p. 266] XV Nie sonder troos nie Deur lewe vasgebinde aan die lewe Wat nie meer lewe lyk nie, daar sy skoon Verwelk het en, wat prys tevoor was, hoon Geword het, en die lus om voort te strewe Verander het in traaknie-agtigheid Wat nie meer omgee vir die ideale Van sterk-besielde jeug, en net die kale En eensaam vlakte, dor en eindloos wyd, Van ouderdom vooruit sien, reis ek voort. Nie sonder troos nie, want aan elke kant, In elke kloof, op elke bult en rand, Daar groei die groen wat by die voorjaar hoort; En hoe die pad ook kronkel, orals rond Tapyt die middagson die vrugbaar grond. Vorige Volgende