Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIV Wat werd is Nog eer die donker van vanaand my vang, My ongebore kinders van my steel, Kuns-kinders soos verbeelding nog kan teel Uit onuitputlik skoonheid wat verlang Na woorde, opgestapel tot gesang Wat uitvloei soos van uit die vink se keel Sy somerlied en soos 'n welkom streel Die siel wat huiwerig aan sy houvas hang - Nog eer ek in die duister moet gaan dwaal, Wil ek, tot rekenskap van wat ek hou Die jare deur, my dwing totdat ek kry Die troos wat elk uit wat hy had, kan haal: Die wete dat nóg vreugde nóg berou Meer werd is as die poging om te stry. Vorige Volgende