Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIII 'n Droomland As ek my ruig verbeelding reg verstaan, Dan skep hy vir my uit sy skatkis, waar Hy rykdom van die eelste soort bewaar, 'n Mooier wêreld as wat ooit die maan Bestraal of ooit die son oor ondergaan - 'n Towerland van skoonheid aanmekaar, Wat elke oomblik nuwe skoonheid baar En nooit met tyd of tyd se weerwraak taan, 'n Wonderwêreld waar net skoonheid geld As iets wat aansien het, as iets wat tel Om lewe ryker, godliker te maak Vir peinsend siele wat deur aards geweld Verbyster word, deur werklikheid gekwel Tot moedeloos twyfel aan die lewenstaak. Vorige Volgende