Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XII Die las van lang verlede Die las van lang verlee ... O, bitter-skoon Was Dag en Nag, en Lewe en Genot, Die luister van die voorjaar wat ontbot, Die somerkleur waarin die sonlig woon, Die wintersneeu wat op bergkruine troon, En najaarsbruin wat met die blomtuin spot - O, bitter-skoon was alles, en versot Op skoonheid was die siel wat, vir sy loon, Gefolter is om daeliks, waar hy kyk, Die afval-as van al sy moedeloos stry, [pagina 265] [p. 265] Die flenters van sy ideaal te aanskou ... Die las van lang verlede ... O, dis ryk Aan soet en smart, aan heer- en knegskappy, Te ryk vir trane, hartseer of berou. Vorige Volgende