Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XI Speelmaats Kom, tydgenote van my kinderjare: Die poplierbos met silwergrys, die wyn Van môrewind, die blomtuingeur wat rein Soos wierook opstyg deur die boomgaardblare, Die blou lug bo, die uitgestrekte, klare Goudson-vergulde veld, die veraf lyn Waar veld en lug tesaamkom en die skyn, Soos silwerstrepe, van die reënvol are Wat water na die see bring, en die vlei Met eendvoël en flamink, waaroor die waas, Die blou waas, van die môrehitte rus. Kom, en herinner my aan die heerskappy Wat skoonheid steeds besit, dat selfs 'n dwaas Word in sy twyfel weer tot troos gesus. Vorige Volgende