Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende IX Is liefde sterk genoeg? Is Liefde - net maar Liefde - sterk genoeg Vir lewe en wat lewe van hom eis? Vir plig, vir ly, vir uithou as die grys Die goud oorstelp en skemer alte vroeg Die lug versluier, nog voor jy, mat en moeg, Die nag kan groet as iets wat vir jou wys Die poorte van 'n nuwe paradys, Waarin jy nie meer hoef te huil of swoeg Of liefhê of moet haat nie? Hy wat ly Vir wat hy liefhet, vir sy liefde, skat Homself te hoog, sy liefde alte ryk Om twyfel toe te laat, of, wat hy kry, Benoud, kleinsielig af te meet na wat Sy liefde eis, voordat sy siel beswyk. Vorige Volgende