Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VIII In die skemer Groen skemer om my en daarbo die maan, Nog sekel-jong en van jaloersheid bleek Omdat die sterre-strale blinker steek As wat haar maanskyn werd is. Onderaan Die berg se swart rand waar die rotse staan - Onroerbare reuse wat net tyd kan breek - Lê ope veld, begroei met bos en kweek, En die rivier wat deur die riet-ruig gaan - Die ou rivier wat van die maanlig steel Genoeg om elke rimpel teen sy rand Tot lewendige silwer in sy loop te giet - En in die stilte wat die aandlug streel, En soos 'n seën rus oor die hele land, Ruis deur die nag die weergalm van sy lied. Vorige Volgende