Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VII Natuurtroos As in die wanhoop van die woesteny Waar ons in dool, die droewge daglig tart Met skyn van kleur wat teen die donker swart Nog swarter maak, dat ons die nag beny Omdat sy swart maar groen is soos groen sy, En nie so haatlik donker as die hart - Benarde donker van ons eie smart, Waarin gedagte na sy afgrond gly - Dan is daar troos vir hom wat, as hy treur, Terloops sy traan se reënboog-skyn bespeur, [pagina 263] [p. 263] Terloops die fonkel van die sandkristal Sien strale truggooi, soos die nagtegaal Die vreugdevol gekwetter van die woud Teruggee in 'n vloed van kwettergoud! Vorige Volgende