Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VI In die suringtyd 'n Blom-bestrooide, pronk-bont suringland, Besaai met gemmergeel en blink-bleek blou, En spierwit wit soos wit-gerypte dou, En rooi soos in sonsondergange brand, En pers soos pêrelskulpe op die strand, Of donkerrooi soos wintergras wat rou, Of borrie soos die daagraad oos ontvou As die groot dagster afdaal oor die rand - Dit is my suringwêreld, winter-vry, Fier in sy voorjaars-feesgewaad van kleur; Ryk met sy menigvuldig mengelmoes Van rykste tinte deur die groen versprei; Belaai met lewe, liefdevol met geur, Met oorryk weelde van sy suringoes. Vorige Volgende