Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 262] [p. 262] V Vermaning Bemin, o kind, met al jou moedige mag Wat, deur onskuldige onbewustheid sterk, Nie trugdeins vir die taaiste liefdeswerk; Bemin die skoonheid wat rondom jou lag, Die kleur-bestraalde mooiheid van die dag; Die maan se glans waarin jy dwergies merk; Die sterreskaar se skitter onbeperk; Die voorjaarsgroen wat op die somer wag. O, wy die krag wat in jou woon tot eer Van wat as waarheid geld, en mooi en rein Omdat dit werklik waarheid is. Behou Die liefde wat dit wek. Dit sal vermeer In later dae as, wat waar is, skyn 'n Raaisel waarop die antwoord is ... Berou. Vorige Volgende