Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende IV Voorbeelde Soms as allenigheid my moedloos maak, En van my wegruk broedersteun en trou, Dan, eer die ooste met die daglig grou, En die koel maan sy opklim-koers versaak, Nog voor sy lig die verste vleiland raak, En die vuurvliegies in die gras verflou Of glinster op die nuut-geplaste dou Waaroor die middernag se vrede waak, Rys voor my op, in droomgestaltes dig, Die ontelbre siele van die voorgeslag Wat ook alleen gestaan het om te stry Vir wat hul reg geag het, eer en plig. Dan kry ek in my eensaamheid 'n krag So sterk as ooit 'n sterflik mens kan kry! Vorige Volgende